Mense het my al gevra oor wie ek almal onthullings maak in Skemer, seks & skemerkelkies. Die persone na wie in die bundel verwys word is nie denkbeeldig nie, maar om lasterstappe en onaangenaamhede te vermy het ek hul name verwring of verander. Die situasies in die verse het ek nie uit my duim gesuig nie, maar wel in enkele gevalle ligweg gefaksionaliseer (dit is die teenoorgestelde van fiksionalisasie.)
Hier volg ’n lys van ’n paar van die mense in die boek oor wie se bedrywighede ek die sluier lig:
- ’n Prokureur van Val de Vie
- ’n Afrikaanse digteres van Stellenbosch
- ’n Mediamagnaat van Sandton
- Dominee S. van der Spuy van Somerset-Wes
- Afrikaanse liedjieskrywers
- ’n Filosoof van Stellenbosch
- Oom Danie, ’n ouderling
- Die sanger Jorsie Wildeworsie
- Die sepie-akteur Jeanne-Pierre de Beer
- Die wellustige weduwee Rita du Preez
- Die hennepartytjiedier Phyllis Steyn
- Die rokjagter Oom Kallie
- Die losbandige sosiale vlinders in die vermaaklikheidsbedryf
- ’n Subredakteur in ’n dagblad se nagkantoor
- ’n Doktor in die letterkunde van Pretoria
- ’n Meningsvormer op ’n Afrikaanse nuuswebblad.
Lekker lees!
