Oor Soekie Vogel
UIT EN TUIS MET SOEKIE
Waar ek wil wees…
Ek het in 2024 ná ses jaar as skakelbeampte, kopieskrywer en reklamekoördineerder in die vermaaklikheidsbedryf bedank toe ek besef het ek het nie ooghare vir die openbare oog nie.
Ek het van Kaapstad na die Weskus getrek, waar ek my herinneringe aan my vorige lewe in ‘Skinder, seks & skemerkelkies’ opgeteken het.
Tans voer ek en Die Man wat Kan ‘n baie private bestaan, amper soos kluisenaars, met ‘n paar vriende wat ons nou en dan sien. Ons geniet ons nuwe leefstyl en ons hoekie by die see – met asemrowende sonsondergange, die maan oor die geheimsinnige oseaan, baie voëls, bome, dagdrome en skuimende branders. Ek hoop julle geniet my skrywes, want dit kom uit die diepte van my hartshoekie.
Die skildery van my op hierdie blad is deur Pielneef, residensiële skilder van die ondergrondse groep Die Naaimasjiene vir wie ek agtergrondsang gedoen het.
