SOEKIE SE BOEKIE
Skinder, seks & skemerkelkies
Poësie
In Skinder, seks & skemerkelkies lig Soekie Vogel die sluier oor die donker geheime van vroetelpappie-jappies, sosiale vlinders, vryerige triljoenêrs, die horries van skorriemorries en vele ander. Sy besin ook oor onder meer oorlewing in die betonoerwoud, sake van die hart en die natuur.
Soekie se Blog
Waar ek my hart oopmaak
Koop ‘Skinder, Seks and Skemerkelkies’
Soekie Vogel se boek is by al dié winkels te koop:
Kersie op die Afrikaanse Koek
Afrikaanse liedjies – in sommige dampkringe ook genoem songs, nommertjies, tunes en liedere – lê die meeste mense wat die taal praat na aan die hart. Daarom word daar tans in sommige gonsgroepies reeds geweldig uitgesien na wat deur sommige siele beskou word as iets...
Vryerig In Die Vrystaat
Riglyne vir ’n voornemende bruid Al die klaterkoekies (gold-diggers) in die land knetter van opwinding, want ’n Vrystaatse boer (58) soek iemand tussen 16 en 25 jaar oud om met hom te trou. Hy sal haar ouers R100 000 lobola betaal en waarborg dat daar R5 miljoen in sy...
Lof en leed vir Soekie
literêre fynproewer
Dr. Jan J. Botha
“In die pseudo-hermeneutiese landskap van die Afrikaanse poësie, waar die digterlike subjek dikwels poog om ‘n aura van transendentale betekenis te suggereer, val Vogel se gedigte op deur ‘n opvallende afwesigheid van semiotiese kompleksiteit.”
Digteres
Fransina V. de Vries
“Sy behoort haar te skaam vir haar bandeloosheid. Sy sal nooit in aanmerking kom vir die Hertzogprys of Ingrid Jonker-prys nie. Sy sal ook nooit genooi word om op enige verhoog in ‘n feestent by die KKNK, Aardklop en die Woordfees haar werk voor te lees nie. Nooit. En dit sê alles.”
MUSIKANT EN SKRYWER
Basjan Boomslang
(voorheen Randy Rambo) van Die Naaimasjiene:
“Soekie was ons agtergrondsangeres en het haar buiging as digteres gemaak in ‘Soekie se hoekie’ op ons Facebook-blad. Ons het baie respek daarvoor dat sy nooit ‘n wag voor haar mond sit nie, veral as die wag ‘n uniform dra. En haar gedigte verskaf ons altyd groot plesier.”
skilder
Pielneef
“Dis altyd vir my soos ‘n mooi droom om Soekie te skilder. Ek kan nie genoeg daarvan kry nie. En haar poësie roer my diep. Dis glad nie so aansitterig soos so baie ander Afrikaanse digters se werk nie. Sy het my hart gesteel met haar opregtheid, eerlikheid en sagsinnigheid.”
“Ik heb jaren geleden werk van Soekie se moeder gepubliceerd. Wij zijn verheugd dat de appel, en in het bijzonder die welke door Eva geplukt werd, niet ver van de boom gevallen is. En wat voor een boom is het! Soekie’s bundel ‘Skinder, seks & skemerkelkies’ is voor mij een frisse bries in het benauwde Afrikaanse literaire bedrijf.








