{"id":420,"date":"2026-08-13T09:04:12","date_gmt":"2026-08-13T09:04:12","guid":{"rendered":"https:\/\/soekievogel.co.za\/?p=420"},"modified":"2026-08-13T09:04:13","modified_gmt":"2026-08-13T09:04:13","slug":"kersie-op-die-afrikaanse-koek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/2026\/08\/13\/kersie-op-die-afrikaanse-koek\/","title":{"rendered":"Kersie op die Afrikaanse Koek"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Afrikaanse liedjies \u2013 in sommige dampkringe ook genoem songs, nommertjies, tunes en liedere \u2013 l\u00ea die meeste mense wat die taal praat na aan die hart. Daarom word daar tans in sommige gonsgroepies reeds geweldig uitgesien na wat deur sommige siele beskou word as iets wat die Kersie op die Afrikaanse Koek gaan wees. (En met koek word nie bedoel die soort wat jy in <em>Sarie<\/em> of <em>Loslyf<\/em> sien nie, maar meer simbolies gesproke die Afrikaanse Kultuurkoek.)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2018n Paneel van 50 uitgelese musiekfynproewers van die Sondagblad Rapport het die 100 beste Afrikaanse liedjies \u201cvan alle tye\u201d gekies en di\u00e9 word nou drupsgewyse afgetel met tien liedjies elke week. Nommers 71 tot 100 is al aangewys, en daar gaan nog 70 nommertjies volg totdat Nommer Een uiteindelik oplaas gekroon gaan word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tot dusver het die paneel met uitsonderlike bevindings vorendag gekom. Hulle s\u00ea die Briels se \u201cDie trein na Pretoria\u201d is \u2019n baie beter Afrikaanse liedjie as onder meer Laurika Rauch se \u201cDie gang\u201d en Anton Goosen se \u201cJosie-Josie\u201d. (\u201cDie trein na Pretoria\u201d is nie \u2019n eg Afrikaanse liedjie nie, maar \u2019n vertaling van \u2019n stokou Amerikaanse treffer, \u201cEast Bound Train\u201d. Daarteenoor is \u201cDie gang\u201d en \u201cJosie-Josie\u201d oorspronklike, eg Afrikaanse skeppings.)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Snotkop en Carike Keuzenkamp skop egter tot dusver stof in selfs die Briele se o\u00eb met \u201cDis \u2019n land\u201d. En \u2019n kortkop voor Snotkop en Carike is Anneli van Rooyen met \u201cEk wil jou ken\u201d, waarvan die koortjie gaan \u201cek wil jou ken, kom saam met my\u201d. (Jammer genoeg is die liedjie se titel nie \u201cEk wil jou beken\u201d nie.)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie trein na Pretoria\u201d is nie die enigste vertaalde liedjie tot dusver op die paneel se lys nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is al sowat vyf onder nommers 71 tot 100.&nbsp; Bles Bridges se \u201cRuiter van die windjie\u201d, \u2019n vertaling van Mel Jersey se 1975-treffer \u201cVagabunden finden kein zu Haus\u201d, pronk ook in al sy glorie op die kenners se lys.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die liedjie wat Sunette Bridges verlede jaar vir haar pa geskryf het, \u201cDaar is nie \u2019n Zoom-lyn na die hemel nie\u201d, verskyn nie onder die laaste 30 liedjies op die Top 100 nie. Volgens haar volgelinge sal dit na verwagting opduik wanneer die 20 topplekke van die Top 100 bekend gemaak word. Ander meen as daar nie \u2019n Zoom-lyn na die hemel is nie, moet sy die ander plek probeer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoekom word die vertaling van \u201cRuiter van die windjie\u201d dan so hoog aangeskryf deur die paneel? Ek het \u2019n digterkennis van Stellenbosch gevra om vir ons \u2019n antwoord te formuleer. Volgens hom bied die Afrikaanse woorde van \u201cRuiter van die windjie\u201d \u2019n besonderse uitdaging vir die liter\u00eare speurder. Eerstens: Na watter windjie word daar verwys? Is dit \u2018n winterwind of \u2019n lentewind? \u2019n Warrelwind of \u2019n rukwind? \u2019n Noordwind of \u2019n suidewind? \u2019n Woestynwind of \u2019n seewind?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ruiter wil \u201cvryer as die vo\u00ebltjies\u201d rondom hom wees. Na watter vo\u00ebltjies verwys hy? Vrolike vinkies of olike tinktinkies? \u2019n Rooiborsie of \u2018n tiptol? \u2019n Janfrederik of \u2019n spekvreter? \u2019n Mens moet weet met watter soort vo\u00ebl jy te doen het, en of dit \u2019n vo\u00ebl is of \u2019n vo\u00ebltjie. Daar\u2019s \u2019n groot verskil.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan volg daar \u2019n deel wat op die oog af nie sin maak nie, maar wat deur middel van dekonstruksie besondere vondste vanuit \u2019n postmodernistiese perspektief oplewer:&nbsp; \u201cOp verre lande vertel ek goue strande en die see\u201d. En dan \u2019n besonder tergende deel: \u201cEwig op jou ruggie wil ek ry\u201d. Op wie se rug wil hy ry? Die wind s\u2019n? Dit kan nie wees nie, want die wind het nie \u2019n rug nie. Op die r\u00fbe van die vo\u00ebltjies? Vanuit \u2019n praktiese en logiese oogpunt sal so iets nie kan werk nie en sal dit neerkom op dieremishandeling. Of wil die ruiter op \u2019n mederuiter se ruggie ry, en is die lirieke \u2019n veelvlakkige metafoor vir di\u00e9 siening?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">So meen die Stellenbosse digter. Vir my is \u2019n meer aanneemlike uitleg egter dat die \u201cwindjie\u201d na \u2019n poep verwys en dat die ruiter dus \u2019n meester is wanneer dit by die laat van winde kom. En wie weet, dalk is die mederuiter \u2019n chroniese poeper.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">*<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die vraag op talle mense se lippe is dus: Watter liedjie gaan die Kersie op die Afrikaanse Koek wees? Party mense s\u00ea Steve Hofmeyr se \u201cPampoen\u201d en Bok van Blerk se \u201cDe La Rey\u201d. Ander s\u00ea \u201cJan Pierewiet\u201d en \u201cGroen koringlande\u201d. G\u00e9 Korsten se \u201cLiefling\u201d is ook \u2019n voorloper, en so ook Groep Twee se \u201cDie padda wou gaan opsit\u201d (al is albei vertalings van oorsese liedjies en dus nie eg Afrikaans nie).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit moet inderdaad \u2019n gewigtige taak vir Rapport se uitgelese paneel van Afrikaanse musiekkenners wees. Daar rus \u2019n enorme kultuurskat soos \u2019n groot verantwoordelikheid op hulle skouers.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die volk het egter volle vertroue in hulle om die Kersie op die Afrikaanse Koek aan te wys, s\u00ea my vriendin Felicity Ferreira. Sy kla egter dat \u201cdie kersie op die Afrikaanse koek\u201d te veel woorde is om elke keer te gebruik, en wou weet of daar nie \u2019n korter eenwoord-term is wat sy kan besig nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sekerlik, was my antwoord. Gebruik die afkorting: K.A.K.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Afrikaanse liedjies \u2013 in sommige dampkringe ook genoem songs, nommertjies, tunes en liedere \u2013 l\u00ea die meeste mense wat die taal praat na aan die hart. Daarom word daar tans in sommige gonsgroepies reeds geweldig uitgesien na wat deur sommige siele beskou word as iets wat die Kersie op die Afrikaanse Koek gaan wees. (En [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":421,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"off","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","ngg_post_thumbnail":0,"footnotes":""},"categories":[9],"tags":[],"class_list":["post-420","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-soekie-vogel-se-skrywe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/420","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=420"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/420\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":422,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/420\/revisions\/422"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/421"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=420"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=420"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=420"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}