{"id":398,"date":"2026-07-26T15:26:49","date_gmt":"2026-07-26T15:26:49","guid":{"rendered":"https:\/\/soekievogel.co.za\/?p=398"},"modified":"2026-07-26T15:37:37","modified_gmt":"2026-07-26T15:37:37","slug":"ek-is-gecancel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/2026\/07\/26\/ek-is-gecancel\/","title":{"rendered":"Ek is gecancel!"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het in my vorige blog, \u201cDonsdosie van die digw\u00eareld\u201d, belowe ek sal julle di\u00e9 keer meer vertel oor hoe moeilik dit is om \u2019n Afrikaanse debuutdigteres te wees en met julle te skinder oor my ontvangs deur die media.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Julle sal julle ore nie glo nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Toe <em>Skinder, seks &amp; skemerkelkies<\/em> se eerste druk einde April gepubliseer is, het ek vir die uitgewer ges\u00ea ons het nie gevestigde korporatiewe Afrikaanse mediahuise nodig om my boek te help bekendstel nie. Ek het kort daarna wel ingestem dat die joernalis Petra Pienaar-Nel \u2019n onderhoud met my kan kom doen. (Dit is onder \u201cSoekie Vogel \u2013 Misterie van die Weskus\u201d te lees elders op my webwerf.) Dit was so \u2019n nagmerrie dat ek besluit het ek staan nooit weer \u2019n enkele onderhoud toe nie; joernaliste is soos bloedhonde en aasvo\u00ebls.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Intussen \u2013 sonder dat ons by Afrikaanse mediareuse aangeklop het vir ondersteuning \u2013 is die eerste drukoplaag van die boek uitverkoop en die tweede druk sal \u2019n klomp winkels van Exclusive Books en Bargain Books landwyd binne die volgende paar dae tref.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Omdat ek \u2019n klein hartjie het en my uitgewer jammer kry omdat hy so hard werk, en omdat sy geloof in my en sy ondersteuning so baie vir my beteken, het ek vir hom ges\u00ea om hom te help, kan ons maar die water toets by \u2019n Afrikaanse mediahuis en kyk of dit enige borrels oplewer. Dit was toe helaas nie borrels van vonkelwynvreugde nie, maar eerder borrels van paddas en visse wat spuitpoep het.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat het di\u00e9 poging opgelewer? Die betrokke mediahuis het my gecancel! Hulle s\u00ea hulle stel nie belang om iets oor my boek in hulle ge\u00eberde blaaie te skryf nie omdat ek nie onder die naam op my geboortesertifikaat skryf nie, maar \u2019n nom de plume gebruik. Julle kon ons met \u2019n take-away viskoekie omklap. Maar nou kom die interessantste dele van die storie\u2026<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">***<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die einste massamediamaatskappy publiseer baie artikels oor mense wat ni\u00e9 onder hul geboortename bekend is nie. Wie weet byvoorbeeld wat Kurt Darren, Adam Tas, Snotkop, Boerneef, Jack Parow, Yo-Landi Vi$$er en Sossi se name op hulle geboortesertifikate is?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nee, jy sal dit eers moet gaan Google, ou perd. Om van skrywers soos Kleinboer, Boerneef, Eitemal, Sangiro, Magriet Smalberger, Elmar Steyn, Chris van Lille en Adrienne du Toit nie eens te praat nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En weet julle wat is die snaaksste van alles? Die betrokke multimassamediamaatskappy het self al heelwat artikels en berigte onder nom de plumes gepubliseer. My goeie vriend Basjan het di\u00e9 van \u2019n klompie joernaliste (ek het van die meeste van hulle nog nooit gehoor nie) vir my genoem: Sagmoedige Neelsie, Braam Kleinhans, Dawie, Crito, Pollux, L.I. Bertyn, P.R.O. Faan, Tim Uys, Jacqueline Brink, De Wet le Roux, Francois Richter, Stephanie Meiring en Jana-Mariana Human.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Now put <em>that <\/em>in your pipe and smoke it\u2026<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">***<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat is die moral of the story? Die multinasionale multimediamassamaatskappye is in die eerste plek net besorg oor wins en geld en hulle sal enige strooi skryf net om sirkulasiesyfers en clicks op te jaag. (Kyk maar die koerantplakkate teen die muur hierbo.)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir hulle is sensasionele stories oor bloed en derms en snot en trane en glanspersoonlikhede en Britse koninklikes en seks in Hollywood belangriker as Afrikaanse digkuns.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">DIe sheeple is hulle teikenlesers \u2013 mense wie se angsvlakke hulle hemelhoog kan opjaag met hulle doemprofesie\u00eb en <em>fear mongering<\/em>;mense wat hulle emosioneel manipuleer en breinspoel om te koop-koop-koop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Basjan s\u00ea vir my ek moet dit beskou as \u2019n eer dat ek gecancel is, want dit wys ek trap op politiek-korrekte tone en laat mense in invloedryke posisies ongemaklik voel omdat ek onder meer dubbele standaarde oopvlek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die betrokke mediareus (om sy eie woord te gebruik) ly ook aan die illusie dat hy die alfa en die omega, die<em> be all and end all<\/em>, is. DI\u00e9 nuusdiens het egter minder intekenare as die getal inwoners van een groot dorp.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">I rest my case\u2026<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het in my vorige blog, \u201cDonsdosie van die digw\u00eareld\u201d, belowe ek sal julle di\u00e9 keer meer vertel oor hoe moeilik dit is om \u2019n Afrikaanse debuutdigteres te wees en met julle te skinder oor my ontvangs deur die media.&nbsp; Julle sal julle ore nie glo nie. Toe Skinder, seks &amp; skemerkelkies se eerste druk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":400,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"off","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","ngg_post_thumbnail":0,"footnotes":""},"categories":[9],"tags":[],"class_list":["post-398","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-soekie-vogel-se-skrywe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/398","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=398"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/398\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":404,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/398\/revisions\/404"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/400"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=398"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=398"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=398"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}