{"id":393,"date":"2026-07-19T10:00:08","date_gmt":"2026-07-19T10:00:08","guid":{"rendered":"https:\/\/soekievogel.co.za\/?p=393"},"modified":"2026-07-27T13:59:02","modified_gmt":"2026-07-27T13:59:02","slug":"donsdosie-in-die-digwereld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/2026\/07\/19\/donsdosie-in-die-digwereld\/","title":{"rendered":"Donsdosie in die digw\u00eareld"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om \u2019n debuutdigteres in Afrikaans te wees is g\u2019n grap nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die een uitgewer na die ander weet te vertel dat daar glad nie \u2019n mark in Afrikaans is vir po\u00ebsie nie. Hulle maak nie wins daaruit nie en die meeste bundels is al teen \u2019n verlies uitgegee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit was vir my \u2019n groot skok, want wat my betref is die Afrikaanse digkuns die taal se grootste skat. Nie net besef mense dit nie, lyk dit my, maar hulle gee ook nie \u2019n snars om nie. Hoekom is dit so? Dis \u2019n skande.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Verdere skok: As daar 100 eksemplare van \u2019n debuutdigbundel verkoop, word dit as baie beskou. Van die gevestigde name word dit as baie beskou wanneer daar sowat 500 tot 700 digbundels van hulle verkoop word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Is dit hoe min mense vir Afrikaanse po\u00ebsie voel? Ek is seker as \u2019n mens die deelteken verwyder, sal daar wel skielik \u2019n baie groot mark wees. Ek wil egter nie poesiepo\u00ebsie skryf nie; daar is meer as genoeg Afrikaanse digters en digteresse wat dit pleeg.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Toe ek <em>Skinder, seks &amp; skemerkelkies <\/em>geskryf het, het ek di\u00e9 dinge nie geweet nie.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek was egter gelukkig en bevoorreg om \u2019n fantastiese uitgewer te kry: Charl Pretorius van Wordslingers Publishing Corporation. Maar ander skrywers is nie so gelukkig nie. Ek het ook verneem daar is \u2019n uitgewery wat \u2019n mens sal help om jou boek uit te gee, maar dan sal dit jou tussen R20 000 en R35 000 kos na gelang van die dikte van die boek. Gelukkig het ek nie so baie geld om te mors nie en is die dikte van baie ander dinge vir my van groter belang.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit maak eintlik nie sin om digbundels in winkels te probeer verkoop nie, want die middelmanne vat te veel geld. Almal wil \u2019n stukkie van die melktert h\u00ea, soos oom Chris Blignault gesing het. Wel, die handelaars en kommersi\u00eble koppelaars moenie met m\u00fd melktert lol nie, het ek besluit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Charl het aanbeveel dat ons <em>Skinders, seks &amp; skemerkelkies <\/em>eers eksklusief aanlyn by Graffiti Boeke verkoop terwyl die verspreiders bestellings by boekwinkels probeer kry. Dit is wonderlik om saam met&nbsp; Graffiti te werk \u2013 wat hulle vir boeke en lesers doen verdien \u2019n monument.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een van die eerste pogings om \u2018n boekwinkelbaas te kry om belang te stel, is deur een in Hermanus afgewys omdat die woord \u201cseks\u201d in die titel van my digbundel is. DIe High Tide-boekwinkel in St. Helenabaai het wel belang gestel, asook The Book Lounge in Kaapstad. Die bundel is na verneem word uitverkoop by Sunset Books in die Strand.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ja, dis inderdaad geen grap om \u2019n donsdosie in die digw\u00eareld te wees nie, om van \u2019n uitgewer nie eens te praat nie\u2026<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit lyk egter of \u2019n mens ten ene male nie boekwinkels kan systap nie, middelmanne en melkterte ofte nie. Dus is daar goeie nuus: Danksy die harde werk en ywer van Blue Weaver-verspreiders het Clarke\u2019s Bookshop in Langstraat, Kaapstad, asook Exclusive Books en Bargain Books eksemplare van my bundels bestel en dit sal dit eersdaags by die volgende takke beskikbaar wees:&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Exclusive Books: <\/strong>Centurion Lake (Pretoria), Hyde Park (Johannesburg), Sandton City, Cresta (Randburg), Tygervallei (Bellville), Clearwater (Strubensvallei, Johannesburg), OR Tambo Internasionale Lughawe (Kempton Park), Canal Walk (Kaapstad), Somerset Mall (Somerset-Wes), Claremont (Kaapstad), Victoria Wharf (Waterfront, Kaapstad), Loch Logan (Bloemfontein) en Namibian Grove (Windhoek).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Bargain Books: <\/strong>Willowbridge (Bellville), Vredenburg (Weskus Mall), Paarl Mall, Highveld (eMalahleni\/Witbank) en Kyalami Corner (Midrand).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgende keer sal ek meer skryf oor verdere gewaarwordings van \u2019n donsdosie in die digw\u00eareld, soos die reaksie van die media en gevestigde digters en akademici. Wat dit betref, is dit belangtik om die volgende versie van my in <em>Skinder, seks &amp; skemerkelkies <\/em>in gedagte te hou:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">ek dryf eerder in \u2019n lugballon<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">as om te skryf vir die liter\u00eare salon<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">gee my lekkerkunde eerder as letterkunde<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">opgeklits met \u2019n bietjie kletterkunde<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">want ek is liewer kliter\u00ear as liter\u00ear<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">wh\u00ea!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om \u2019n debuutdigteres in Afrikaans te wees is g\u2019n grap nie.&nbsp; Die een uitgewer na die ander weet te vertel dat daar glad nie \u2019n mark in Afrikaans is vir po\u00ebsie nie. Hulle maak nie wins daaruit nie en die meeste bundels is al teen \u2019n verlies uitgegee. Dit was vir my \u2019n groot skok, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":396,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"off","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","ngg_post_thumbnail":0,"footnotes":""},"categories":[9],"tags":[],"class_list":["post-393","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-soekie-vogel-se-skrywe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/393","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=393"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/393\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":412,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/393\/revisions\/412"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/396"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=393"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=393"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=393"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}