{"id":388,"date":"2026-06-26T12:47:54","date_gmt":"2026-06-26T12:47:54","guid":{"rendered":"https:\/\/soekievogel.co.za\/?p=388"},"modified":"2026-06-27T06:54:07","modified_gmt":"2026-06-27T06:54:07","slug":"klaterbommetjies-in-die-boland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/2026\/06\/26\/klaterbommetjies-in-die-boland\/","title":{"rendered":"Klaterbommetjies in die Boland\u00a0"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis net die Wynland wat \u2019n bredie soos di\u00e9 kan maak. Ek praat nou van die jaarlikse Toyota Stellenbosch Woordfees. Dit het my drie dae gevat om vanjaar se feesgids deur te lees, want daar is so baie produksies (meer as 400!) wat die volgende insluit: \u2019n skrywersfees, klassieke musiek, toneel, dans, \u2019n musiekfees, visuele kuns, diskoers, leefstyl en \u2019n filmfees. Die Woordfees word van 3 tot 11 Oktober in die statige ou Eikestad gehou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit gaan my nog \u2019n rukkie vat om te besluit wat ek alles wil gaan kyk, maar ek het intussen gesels met \u2019n oudkollega van my, Annette Prinsloo Troskie (30), wat getroud is met \u2019n baie welgestelde wynboer van Stellenbosch, Tros Troskie (62). Geld is nie vir haar \u2019n probleem nie, en sy het klaar besluit wat sy alles gaan bywoon.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Troskies gaan die fees afskop deur die veelgeroemde Langtafel by te woon. Dit sal hulle wel R3 300 kos, maar Annette s\u00ea dis \u2019n belegging wat goud werd is in terme van netwerkpotensiaal en die kos en drank is werklik iets van \u2019n ander planeet.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgende op haar lys is die produksie <em>Vars gespyker <\/em>met Hannon Bothma (die Glam Guru). Daarin gee hy wenke oor hoe \u2019n mens sy \u201cvars gespykerde\u201d-voorkoms kan bemeester. Ek en Annette wonder baie wat dit beteken. Is dit hoe \u2019n mens lyk pas nadat jy deeglik bygekom is deur iets wat in die vorm van \u2019n spyker is? Of bedoel hy dalk \u2019n soort martelaarsvoorkoms soos iemand wat gekruisig is? Is die Glam Guru \u2019n klaterbommetjie of \u2019n knaterbrommertjie? Annette s\u00ea sy kan nie wag om uit te vind nie\u2026<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tweede op haar lys is die einste Hannon se <em>Roadshow<\/em>. Annette s\u00ea dit val so reg in haar kraal. Daarin wys Hannon hoe elkeen soggens in \u2019n japtrap met \u2019n volumehaarstyl, versorgde vel en glansgrimering haar dag beter kan begin.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Al lees sy nie juis po\u00ebsie nie, wil Annette ook graag die gratis aanbieding <em>Oggendkoffie met Joan Hambidge <\/em>bywoon omdat sy lief is daarvoor om te netwerk en sy graag haar sosiale kring wil uitbrei met hooggeplaaste skrywers en intellektuele.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Annette gaan om dieselfde rede ook nie die aanbieding misloop nie waar \u2019n mens die voorreg kan geniet om braaibroodjies te nuttig saam met jou gunsteling-boekmense in \u2019n ontspanne atmosfeer. Teen net R50 is dit \u2019n winskopie, s\u00ea Annette. Dis nog nie bekend wie die boekmense is nie, maar Annette hoop al haar gunstelinge is daar, soos Frenette van Wyk, Ren\u00e9 van Zyl, Chandra Nel, Leon van Nierop, Malene Breytenbach, Deon Meyer, Elsa Winckler, Gretha Wiid en Elize Parker.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan wil Annette ook die vertonings bywoon van Afrikaanse ikone en kulturele steunpilare, waar dit belangrik is om deur die regte mense raakgesien te word. Ongelukkig is Natani\u00ebl nie vanjaar by die fees nie, maar Sandra Prinsloo, Anton Goosen, Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Frank Opperman, Margit Meyer-R\u00f6denbeck, Armand Aucamp, Sean van Noordwyk en Karen Zoid is almal darem daar en Annette gaan hulle konserte ook bywoon.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Annette wil ook nie <em>Die Gesels-ontbyt met Leandie du Randt <\/em>misloop nie, en vir haar is die kaartjieprys van R430 kleingeld, haas sy om by te voeg. Du Randt is een van die toonaangewendste rolmodelle en meningsvormers vir jong Afrikaanse dames, s\u00ea Annette.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tussen al die produksies deur wil Annette ook graag gereeld uithang by Bok Radio en Radio Tygerberg se stalletjies asook in die RSG\/ATKV-vierkant. Sy beplan ook \u2019n paar meer formele etes by Spier Veld, De Volkskombuis, The Fat Butcher en Eike by Bertus Basson.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die aanbieding <em>Leef jou droom! <\/em>gaan Annette en Tros saam R1 780 uit die sak jaag, maar ook dit is vir hulle kleingeld, beklemtoon Annette. In di\u00e9 aanbieding kan \u2019n mens jou drome herontdek saam met Minki van der Westhuizen op die spogwynlandgoed Lanzerac en waar jy volgens die gids inspirasie kan put uit Minki se borrelende persoonlikheid en passie vir die lewe terwyl julle \u2019n feestelike laatontbyt geniet. Wat meer het \u2019n mens nodig in die lewe, s\u00ea Annette.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgende keer gaan ek skryf wat ek alles vanjaar by die Woordfees wil bywoon. Gelukkig lyk dit of my en die Troskies se paaie nie baie sal kruis by die fees nie. Altyd iets om voor dankbaar te wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis net die Wynland wat \u2019n bredie soos di\u00e9 kan maak. Ek praat nou van die jaarlikse Toyota Stellenbosch Woordfees. Dit het my drie dae gevat om vanjaar se feesgids deur te lees, want daar is so baie produksies (meer as 400!) wat die volgende insluit: \u2019n skrywersfees, klassieke musiek, toneel, dans, \u2019n musiekfees, visuele [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":390,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"off","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","ngg_post_thumbnail":0,"footnotes":""},"categories":[9],"tags":[],"class_list":["post-388","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-soekie-vogel-se-skrywe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/388","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=388"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/388\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":391,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/388\/revisions\/391"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/390"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=388"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=388"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=388"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}