{"id":382,"date":"2026-05-27T04:39:54","date_gmt":"2026-05-27T04:39:54","guid":{"rendered":"https:\/\/soekievogel.co.za\/?p=382"},"modified":"2026-05-27T04:41:34","modified_gmt":"2026-05-27T04:41:34","slug":"soekie-vogel-misterie-van-die-weskus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/2026\/05\/27\/soekie-vogel-misterie-van-die-weskus\/","title":{"rendered":"Soekie Vogel \u2013 Misterie van die Weskus"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Deur <strong>Petra Pienaar-Nel<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Al byt die laatherfsluggie reeds, is dit vandag \u2019n hemelskone dag in \u2019n skilderagtige Weskus-dorp.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis hier waar die digteres Soekie Vogel, wat tans die tonge los het met haar eerste bundel, <em>Skinder, seks &amp; skemerkelkies<\/em>, gereeld op die strand dwaal en dagdroom en na walvisse en dolfyne kan kyk om haar gedagtes vrye teuels te gee. (Sy wil nie h\u00ea ek moet die dorp se naam noem nie, want sy word te veel deur mans en in sommige gevalle dames lastig geval.)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons gesels sommer by die heerlike kuiertafel in haar gesellige kombuis, want haar papegaai, Pik, wat in sy hok in die sitkamer is, kan te veel praat. Pik is al byna 40 jaar oud en Soekie het hom as \u2019n geskenk gekry van \u2019n vriend, die fotograaf Malletjie Malan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soekie deel die huis, wat baie knus en gesellig ingerig is, met \u2019n vriend. Hy is \u2019n musikant en kunstenaar en verkies sy privaatheid, daarom noem Soekie hom net Die Man Wat Kan. Sy vertel hy dra haar op die hande en bederf haar met heerlike kos, tuisgemaakte skemerkelkies en die musiek wat hy maak op klavier en tjello.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die kombuis word ons omring deur pragtige plante en allerhande interessante blikkies, botteltjies en bekertjies op die kaste, elkeen met sy eie verhaal. Soekie het heelwat daarvan van haar ma ge\u00ebrf.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het nie geweet wat om te verwag voor ek Soekie ontmoet het nie. Ek het gedink sy is \u2018n wilde, wellustige tierkatjie, maar allesbehalwe. Sy praat in \u2019n sagte, vriendelike stem. Die Man Wat Kan het heerlike koffie gemaak met varsgeroosterde bone, en hy het ook vir ons \u2018n smullekker tipsytert gebak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nadat ons gesels het oor die weer, al haar plante en kombuisware, haal ek my notaboek uit en sit my slimfoon aan. Dis tyd om Soekie Vogel vierkant onder vier o\u00eb te neem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">***<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Is Soekie Vogel haar regte naam?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy sug. \u201cEk is hierdie vraag al tot vervelens toe gevra. Die antwoord is op my webblad in my blog \u2018Vogelbegogel\u2019. Jy kan dit daar gaan oplees.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek maak \u2019n nota. \u201cHoe oud is jy?\u201d vra ek.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDis nie iets wat \u2019n mens vir \u2019n vrou vra nie! Weet jy dit nie?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek maak \u2019n nota dat ek op Google moet gaan probeer vasstel hoe oud sy is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Waar het sy grootgeword en gestudeer?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy sug weer. \u201cGebore in Makwassie en grootgeword in Bloemfontein. Al daardie inligting is op my bio op Facebook. Jy kan daar gaan kyk. Ek is nie nou lus om daaroor te praat nie. Dis alles verby.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Baie mense wonder hoe dit alles vir Soekie begin het: die eerste gedigte wat sy gelees het wat haar geprikkel het om haar hand ook aan die pen te waag, en wie haar grootste inspirasie was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMy ma was ongetwyfeld die grootste inspirasie. Sy het eenkeer vir my \u2019n boek present gegee, <em>Die Afrikaanse po\u00ebsie in \u2019n duisend en enkele gedigte<\/em>, saamgestel deur Gerrit Komrij en in 1999 uitgegee deur Uitgewery Bert Bakker in Nederland. Tot in daardie stadium het ek nie Afrikaanse po\u00ebsie gelees nie, want die goed wat ons op ho\u00ebrskool moes doen, het nie tot my gespreek nie en my heeltemal afgesit van Afrikaanse boeke.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cIn die boek wat my ma vir my gegee het, ontdek ek toe die gedig \u2018Die Durbanse poepwedstryd\u2019&nbsp; wat in 1941 geskryf is. Dit, en van die ander gedigte in die boek, het my toe genoegsaam geprikkel om daarna die Afrikaanse po\u00ebsie te begin ontdek.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy s\u00ea as sy reg onthou, was die vers \u201co my w\u00eareld\u201d in<a href=\"https:\/\/www.graffitibooks.co.za\/af\/397078\/Boeke\"> <em>Skinder, seks &amp; skemerkelkies<\/em><\/a> die eerste gedig wat sy geskryf het. Sy was toe \u2019n skrale 16.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Waaroor gaan haar boek?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cPresies wat die titel s\u00ea.\u201d Sy verander die onderwerp en vra of sy vir ons nog koffie kan skink.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">***<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is moeilik om deur Soekie te dring. Sy mag sagsinnig wees en aandagtig luister na wat \u2019n mens s\u00ea en in \u2019n mooi gemoduleerde stem praat, maar om haar is daar beslis ook \u2019n misterieuse, byna mistieke aura.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat dink sy van die mense wat haar as \u2019n enigma beskou? (Ek mag my verbeel, maar dit het gelyk of sy haar o\u00eb vlugtig rol nadat ek die vraag gestel het.)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk gee nie om wat ander mense van my dink nie,\u201d antwoord sy. \u201cHulle ken my nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soekie het aan die einde van 2024 bedank nadat sy ses jaar in Kaapstad as ko\u00f6rdineerder, fasiliteerder en blakertekspraktisyn in die vermaaklikheidsbedryf gewerk het. Hoekom het sy haar rug gedraai op so \u2019n luisterryke, glansryke loopbaan-milieu?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk is nie \u2019n stadsmeisie nie. Ek kon daardie gejaag nie meer uitstaan nie. En die werk self het my mal gemaak.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoe so?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cAl die opgeblase ego\u2019s van die sogenaamde sterre en hul donker geheime waaroor niemand praat nie. En nie net die openbare figure nie, maar ook die mans wat my al skaamteloos tussen die lakens probeer kry het, soos bekende mediabase, welgestelde prokureurs, filosowe, kuiergatte, jappies en gomtorre. Dit alles bring ek op die lappe in <em>Skinder, seks &amp; skemerkelkies<\/em>. En dan natuurlik ook al die skinderstories by hulle partytjies, dinees, bekendstellings en soir\u00e9es wat my ore bereik het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Al die mense en situasies waaroor sy in haar boek geskryf het, is nie denkbeeldig nie. Om lasterstappe te vermy, het sy die mense se name net verwring of verander. Is sy nie bang iemand wil wraak neem nie?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk dink nie so nie. As hulle hulself sou herken, dink ek hulle sal nie wil h\u00ea lesers moet weet dit gaan oor hulle nie, hulle sal te skaam wees. Hulle sal nie \u2019n bohaai maak nie, want dan is die eier op hulle gesigte. En ek vat nie twak van tuinkabouters nie. As hulle my wil aanvat, moet hulle twee keer dink, want ek kan \u2019n baie, baie tawwe koekie wees wanneer dit nodig is. Ek is goed in karate.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Watter werk doen sy nou?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk mag nie daaroor praat nie. Ek moet diskreet wees, aangesien ek die persoonlike asssitent van \u2019n private ondersoeker is.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Waaraan werk sy tans?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk het onlangs Joan Hambidge se <em>Swart koring <\/em>in een van my ma se bokse vol ou boeke ontdek en gelees. Ek oorweeg dit nou om \u2019n intertekstuele boek daaroor te skryf, getiteld <em>Swart horing. <\/em>Ek sal maar sien of ek daarby uitkom, want ek geniet dit eintlik meer om po\u00ebsie te skryf.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Is sy skrikkerig vir resensies oor <em>Skinder, seks &amp; skemerkelkies<\/em>?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cNee. Ek gee nie \u2019n veer om wat mense, en veral akademici en medeskrywers, van my dink nie. Daar is interessanter dinge in die lewe. Ek glo nie eers ek sal dit lees nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">***<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die tydjie wat Soekie se uitgewer my toegestaan het vir die onderhoud het verbygesnel. Op pad uit verwonder ek my opnuut aan die gesellige huislike aard van haar en Die Man Wat Kan se woning. Die Man Wat Kan is ook \u2019n uitstekende binnenshuise ontwerper: van sy kleurryke skilderye hang teen die mure. \u201cHiert, jou sliert!\u201d s\u00ea Pik vir my toe ek deur die sitkamer na die voordeur stap.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soekie stap saam met my buite toe en ons gesels oor al die plante, blomme, bome en vo\u00ebls in hulle tuin. Wanneer ek wegry, kyk ek vir oulaas terug na Soekie in die truspie\u00ebltjie: al bly sy \u2019n enigma en \u2019n misterie, is sy \u2019n sonskynmens met \u2019n glimlag die meeste van die tyd op haar gesig, lewendige o\u00eb wat soms onnutsig kan lyk, en is sy rustig en kalmerend van geaardheid. Sy is enige skoonma se droom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">***<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Terug by die huis doen ek my speurwerk.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">1. Soekie Vogel se regte naam is Susan Vogelsang. Haar ma het haar altyd Soekie genoem vandat sy klein was. Susan was ook die naam van Soekie se lewensori\u00ebntering-juffrou op ho\u00ebrskool, en Soekie het haar geh\u00e1\u00e1t. Toe sy aan \u2019n skryfnaam moes dink, wou sy glad nie Susan gebruik nie, en Soekie Vogelsang het vir haar ook nie lekker op die tong geval nie. Sy het toe haar van verkort ter wille van die ritme en heet dus nou Soekie Vogel.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">2. Ek het afgekom op inligting voor in Soekie se boek dat 2011 die jaar was waarin sy \u201co my w\u00eareld\u201d geskryf het. As sy toe 16 was, soos sy beweer, beteken dit sy is in 1995 gebore en is dus nou 31.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">3. Soekie het skoolgegaan aan die Meisieskool Oranje in Bloemfontein en gestudeer aan die Universiteit Stellenbosch.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Rosestad en die Eikestad het voorwaar iets om op trots te wees. Die muse het Soekie Vogel sonder twyfel op vlerke geneem sodat sy soos \u2019n arend kan sweef.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sweef, Soekie, sweef!<br><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Petra Pienaar-Nel Al byt die laatherfsluggie reeds, is dit vandag \u2019n hemelskone dag in \u2019n skilderagtige Weskus-dorp.&nbsp; Dis hier waar die digteres Soekie Vogel, wat tans die tonge los het met haar eerste bundel, Skinder, seks &amp; skemerkelkies, gereeld op die strand dwaal en dagdroom en na walvisse en dolfyne kan kyk om haar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":383,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"off","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","ngg_post_thumbnail":0,"footnotes":""},"categories":[9],"tags":[],"class_list":["post-382","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-soekie-vogel-se-skrywe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/382","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=382"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/382\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":385,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/382\/revisions\/385"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/383"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=382"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=382"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=382"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}