{"id":370,"date":"2026-05-25T15:32:17","date_gmt":"2026-05-25T15:32:17","guid":{"rendered":"https:\/\/soekievogel.co.za\/?p=370"},"modified":"2026-05-26T07:37:38","modified_gmt":"2026-05-26T07:37:38","slug":"joernaliste-hoernaliste-poernaliste-of-koernaliste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/2026\/05\/25\/joernaliste-hoernaliste-poernaliste-of-koernaliste\/","title":{"rendered":"Joernaliste: Hoernaliste, poernaliste of koernaliste?"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die vryskutjoernalis Petra Pienaar-Nel het toe Maandagoggend \u2019n onderhoud met my kom voer. Voor sy gekom het, onthou ek een of ander skrywer het na joernaliste as \u201choernaliste\u201d verwys.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek glo nie \u2019n mens kan veralgemeen en dit op alle joernaliste van toepassing maak nie, want van hulle doen baie belangrike werk, soos om korrupsie oop te vlek, slapgat staatsdepartemente gas te gee, misdadigers aan die kaak te stel en seksmonsters te ontmasker. En nog vele meer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nou is dit ongelukkig so dat \u2019n mens wel hoernaliste ook kry \u2013 hulle wat saam met \u2019n dronk, bedwelmde sanger of aktrise sal slaap of in hulle asblikke sal rondsnuffel net om \u2019n sappige storie te kan kry. Dan is daar hoernaliste wat in ruil vir \u2019n bord kos in \u2019n vyfster-restaurant gloeiende artikels oor middelmatige sepiesterre sal skryf, en ook di\u00e9 wat by die regering&nbsp; gatkruip met \u2019n polities-korrekte en moreel-meerderwaardige houding. En nog vele meer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan kry jy ook poernaliste, wat altyd poer-poer en hanna-hanna en nie rigting kan kry met \u2019n onderhoud nie en nie \u2019n idee het waaroor hulle nou eintlik wil skryf nie. En dan die koernaliste \u2013 hulle wat in blomryke, soetsappige taal skryf oor iemand asof die somerson uit sy\/haar hol skyn. Of die sogenaamde leefstyljoernaliste wat koer oor die huise van sogenaamde gesofistikeerde superrykes. En nog vele meer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Glo my, ek het dit alles self gesien toe ek ses jaar in die vermaaklikheidsbedryf gewerk het. Ek het lankal nie meer illusies nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Watter soort joernalis is Petra Pienaar-Nel? het ek gewonder. Sy is \u2019n vryskut en beoog om die onderhoud voor te l\u00ea aan <em>Die Papier, Huisgenoot, Sarie, rooirose <\/em>en Maroela Media en die een wat dit eerste aanvaar, kan dit publiseer. Ek kon nie dadelik agterkom of sy \u2019n hoernalis, poernalis of koernalis is nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met die intrapslag het die hare op my nek gerys. Net nadat sy my hand geskud het toe sy my groet, het sy haar oog krities oor my skoene en klere laat gly, ek het haar gecheck. Sy het dit seker gedoen om te sien of dit goedkoop of duur skoene en klere is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het vriendelik gebly en haar ingenooi en nadat sy ge-oe en ge-aa het soos \u2019n duif in paringstyd oor die interieur van my huis, het ons by die gesellige tafel in die kombuis gaan sit en die man wat kan het vir ons koffie en tuisgebakte tipsytert aangedra. Sy het nog \u2018n bietjie ge-oe en ge-aa en vreeslik rondgekyk en alles ondersoekend betrag, asof sy een \u2019n spioen van een of ander sinist\u00eare staatsinstelling is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nadat ons die koffie en tipsytert geniet het, het die man wat kan vir ons elkeen nog \u2019n koppie koffie gebring. Sy het haar slimfoon aangeskakel om die gesprek op te neem en ook notas begin neerskryf. Die man wat kan het \u2019n foto van ons geneem en ges\u00ea koebaai, hy gaan op die strand stap, lekker om jou te kon ontmoet Petra, bye.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het skielik besef ek wil nie my lewe oopspalk in <em>Sarie<\/em> nie. O<em>f Huisgenoot<\/em>, <em>Die Papier<\/em>, <em>rooirose<\/em> of Maroela Media nie. Ek wil die massamedia nie naby my h\u00ea nie. Ek moes vinnig dink en het met \u2019n plan van aksie na vore gekom. Ek het met Petra ooreengekom dat sy eers die artikel vir my sal stuur sodat ek dit kan lees, en dan sal ek besluit of ek dit goedkeur. En as ek nee s\u00ea, is dit maar tough cookie, koekie.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Petra het my van \u2019n kant af uitgevra. Ek het gevoel soos \u2019n verdagte wat deur die Thought Police in George Orwell se <em>1984 <\/em>ondervra word. Dit was baie erg. Nooit weer nie, het ek vir myself ges\u00ea. N\u00f3\u00f3it. Ek het nie hierdie gesnuffel in my lewe nodig nie. My lewe het <em>niks <\/em>met <em>enigiemand<\/em> uit te waai nie. As julle iets van my sekslewe en hartsake wil weet, gaan lees net <em><a href=\"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/soekie-se-plesierhoekie\/\" data-type=\"page\" data-id=\"306\">Skinder, seks &amp; skemerkelkies<\/a>, <\/em>dit is alles daar<em>. <\/em>So eenvoudig soos dit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Terwyl ek hier skryf, pieng my e-pos se inboks \u2013 ag askies ek bedoel indoos, ek probeer maar korrekte Afrikaans besig. My moed sak in my pantoffels, want Petra het vir my \u2019n lysie gestuur om in te vul oor my gunstelinge: kos, drank, reuk, TV, fliek, skrywer, digter, digteres, boek, musiek, sanger, sangeres, akteur, aktrise en smaakmaker\/meningsvormer. Ai tog. Ek het nie meer woorde nie, maar ek sal haar e-pos beantwoord, want ek is \u2019n ordentlike meisie, en kyk wat gebeur.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En wanneer ek Petra se artikel m\u00f4re kry (foeitog, sy gaan seker deur die hele nag skryf\u2026) sal ek agterkom of sy \u2019n joernalis is, of \u2019n hoernalis, poernalis of koernalis. Dan sien ons wat gebeur indien sy die moernalis in my wakker sou maak \u2013 en daar is \u2019n baie goeie kans dat dit kan gebeur\u2026<br><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vryskutjoernalis Petra Pienaar-Nel het toe Maandagoggend \u2019n onderhoud met my kom voer. Voor sy gekom het, onthou ek een of ander skrywer het na joernaliste as \u201choernaliste\u201d verwys.&nbsp; Ek glo nie \u2019n mens kan veralgemeen en dit op alle joernaliste van toepassing maak nie, want van hulle doen baie belangrike werk, soos om korrupsie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":372,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"off","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","ngg_post_thumbnail":0,"footnotes":""},"categories":[9],"tags":[],"class_list":["post-370","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-soekie-vogel-se-skrywe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/370","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=370"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/370\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":376,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/370\/revisions\/376"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/372"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=370"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=370"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/soekievogel.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=370"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}